Gebedsversoeke


Ons vat jou hand!

Daar is ’n groep Finesse Café vriendinne wat gereed staan om saam met jou te bid en vertrou. Skryf jou gebedsversoeke hier neer…

Lesers se gebedsversoeke

  • Judy se gebedsversoek:

    Hallo julle,

    Ek woon in Bloemfontein. Is getroud met drie dogters en versorg my ouers, ma, pa en stiefma. Finansiëel trek ons baie swaar. Ek werk voltyds en dan verkoop ek “Lingerie” na ure. Dinsdag die 26ste Januarie het iemand my motor gesteel. Ek is so verlore daarsonder en ons kan dit nie bekostig om weer een te koop nie. Ek het my motor maar vir plus minus vier maande gehad en kon dit nie bekostig om dit te verseker nie, dit was nou wel ‘n tweedehandse voertuig, maar ek het dit by ‘n kollega gekoop en dit was so goed versorg. Ek vra asseblief gebed, want ek is so hartseer. Vra asseblief dat die Here vir my ‘n nuwe deur sal oopmaak, want ek het ‘n voertuig so nodig. My man is baie op die pad en ons sukkel geweldig. Ek sê dankie Here vir vriendinne wat omgee. Ek bid die bloed van Jesus oor een en elk van julle sodat Hy julle veilig in sy Hande sal hou.

  • KATE se gebedsversoek:

    Bis asb vir ons Predikant en sy vrou . Huidiglik is hy in die hospitaal agv spanning en uitputting. Bid asb ook vir haar vir krag en sterkte sodat sy hom kan ondersteun.
    Spesiale voorbidding vir die gemeente wat hul die herders van is sodat die gemeente wat geestelik blind se skille van hul oe kan afval.

    AG bid ook sommer vir die Pres. se vroue

    Groete

    KATE

  • Christine se gebedsversoek:

    Hallo almal. Ek wil asb versoek dat julle saam met my sal bid vir my man. Hy het ‘n baie moeilike situasie by die werk. Hy moet iemand konfronteer wat ‘n regte ‘boelie’ is. (jammer vir die beskrywing, maar geen ander woord beskryf dit reg nie) Hy is nie ‘n ou wat hou van konfrontasie of baklei nie. Hy het wysheid en kalmte en insig nodig oor hoe om hierdie situasie te hanteer.

    Baie dankie, ek waardeer jul gebede!

  • Vivienne Boje se gebedsversoek:

    Sal u asb vir my huwelik bid. My huwelik het gebede so baie nodig.
    My man het besluit hy het my nie meer lief nie. As ek hom vra wat
    ek dan hier maak, is sy antwoord want dit hoort so. hy se sy liefde
    vir my is dood. Bid asb dat sy liefde vir my weer sal op vlam. ek
    het hom lief en wil so graag he dat hy my sal lief he, vertroetel en
    voor sal omgee. Ek wil hom nie verloor nie of ons huwelik in n
    skeihof he nie. Groot asb bid vir ons!!!!!

    Vivienne Boje.

  • Dorina se gebedsversoek:

    Ek wil vra dat almal asb vir my pa sal bid. Hy is gediagnoseer met prostaat kanker. Help my bid vir genesing! Ons God is mos groter as kanker!

  • KATE se gebedsversoek:

    Hallo julle

    Dankie vir die baie gebede wat opgegaan het vir ons predikantspaar. Wonderlike tekens van gebedsverhoring het plaasgevind en dit wys weereens dat die Heer nie ons hand sal los in moeilike tye nie. Ek dank my Hemelse vader vir die voorreg om deel te wees van die stryd hier vir sy kinders op aarde. Hy is ons Koning, Abba Vader en ek vra hom elke dag om my gesin te seen. Jabes se gebed is so toepaslik in ons lewe kom ons bid dit elke dag.

    Voorspoed aan alle ouers met kinders wat uit die nes is, ek bid dat die Heilige Gees in hulle sal skyn sodat hulle vriende kan sien hulle is kinders van God.

  • Christiaan se gebedsversoek:

    Liewe gebedsgroep

    Dankie vir kans wat u vir my gee om u te vra

    Graag twee versoeke 1) Dat die Here vir my die regte huurders sal stuur, Is moeg vir huurders wat ‘n mens leeg suig en verdwyn. Ander brand ek vas

    Die projek sal voltooi word , dan kan ek vele mense ook help wat is finansiele sukkel

    Dankie

  • Elize se gebedsversoek:

    My pa is n groot Godsman wat nou wil saambly en halsoorkop trou met n jongvrou.Bid asb vir hom dit lyk asof hy heeltemal blind is.

  • amanda se gebedsversoek:

    Hi Almal,
    sal julle asb vir ‘n goeie vriend van my bid wat aan epilepsie ly. Hy het al ‘n brein operasie gehad, maar kry nog gereeld hierdie aanvalle. Hy is in ‘n veeleisnde beroep en doen baie om ander mense te help. Baie dankie

  • landi se gebedsversoek:

    Hallo Julle
    Ek is ‘n enkel ouer van twee pragtige seuns van Brits, ons is onlangs deur ‘n baie moeilike tyd. Ons het besef dat ons, ons lewens moet reg ruk en op die regtig pad moet kom, ons glo aan die Here, ons is nie slegte mens nie en ons doen nie die verkeerde goed nie,maar erns het ons van die pad af gedwaal. Ek vra net as dit moontlik is dat julle saam met my sal bid dat ek en my seuns, op die regte pad sal by, ons het ons lewens vir die Here gegee, maar ons kan doen met al die hulp wat ons kan kry. Partymaal as mens so sukkel en alleen is en mens is so moedeloos dan raak mens net negatief, en dan vra mens net hoekom al hierdie slegde goed met jou gebeur, dan mens verby kyk vir dit wat mens wel het.
    Help ons bid asb, ons is alleen met niemand wat saam met ons kan bid nie.

    Baie dankie
    Landi

  • Elsa se gebedsversoek:

    Hi julle,

    Ek wil graag vra om vir ons maatskappy te bid, ons het in ‘n nuutgeboude gebou ingetrek, dit is veronderstel om aangenaam te wees om in so ‘ mooi moderne gebou gewerk word. Daar is iets groot fout, mense is nie meer hulself nie, daar is onenigheid tussen die werkers, niemand is met niks tevrede nie. Die woord se ons veg nie teen vlees nie, juis daarvoor vra ek groot asseblief om te bid.

    Dankie

    Elsa

  • MARILYN se gebedsversoek:

    EK HET I VIERJARIGE DOGTERJIE EN SUKKEL VREESLIK.EK IS DIEP IN DIE SKULD EN WIL NET WEET OF DAAR IEMAND OF ENIGE EEN IS WAT MY FINANSIEEL NET KAN HELP OM UIT DIE VERKNORSING TE KAN KOM?ENIGE IETS IS WELKOM.BID ASB VIR MY .

  • G se gebedsversoek:

    Ek vra dat almal wat kan saam met my bid vir my man. Hy het ‘n alkol probleem wat my en my seuntjie van 2 se lewens erg beiinvloed. hy ontrek hom aan ‘n gesins lewe en is nie betrokke by die kind nie. as hy nie drink nie is hy te moeg om met ons te gesels en deel te wees van ons daaglikse dinnge en as hy drink is hy nie by die huis nie en dan raak hy vinnig kwaad oor alles. ek wil so graag he Jesus moet sy hart in besit neem en sy hart sag en liefde vol maak sodat hy die ware lewe van vreugde saam met ons kan beleef. Hy het almal se gebede nodig. baie dankie, G

  • ina se gebedsversoek:

    My seun 24 is `n heroien verslaafde die afgelope 9 jaar. Hy is tans weer in `n rehabilitasie kliniek. Bid asb dat hy regtig sy lewe met God sal regmaak want dit gaan sy enigste verlossing wees. Ons is so moeg, moedeloos en die ergste van alles magteloos want ons kan menslik niks meer vir hom doen nie. Finansieel is ons almal uitgeput en kan nie meer nie. Hy word ook nou `n pappa in April maar kan nie op die staduim deel van die ou babatjie se lewe wees en sy verantwoordlikhede nakom nie. Bid asb ook vir die meisie wat net so moedeloos en hartseer is.

    baie dankie

  • MARILYN se gebedsversoek:

    EK SUKKEL FINANSIEEL.WIL GRAAG HE DAT JULLE VIR MY MOET BID.EK WIL UIT DIE SKULD KOM.

  • Marlena se gebedsversoek:

    Bid asb. vir my dogter wat ‘n depressielyer is en wie in ‘n huwelikskrises sit omdat sy dit nie kan aanvaar om beheer te word deur ‘n perfeksionis nie.Bid ook dat my kleinkind in hierdie huwelik sonder skade hierdeur sal kom

  • Erica se gebedsversoek:

    Liewe gabedsgroep
    Sal u asb vir my gesin bid. Ons het twee meisiekinders en wil graag gehoorsaam wees aan die Here en tot trou kom, maar my vriend het nie vaste werk nie. Ons het aansoeke ook deurgestuur. Bid asb ook vir my laat ek geestelik kan groei.

    Dankie almal

  • DESIREE CLOETE se gebedsversoek:

    Ek vra dat iemand asb. vir my Pa sal bid, want hy is baie, baie siek. Hy het dikderm kanker en het onlangs twee operasies ‘n week uitmekaar gehad. Sy naam is Neels Bronkhorst en is 64jaar oud. My ouers is woonagtig in Ventersdorp. Ek is baie lief vir my ouers. Bid vir my Pa asb.

    Groete Desiree

  • Louise se gebedsversoek:

    Ek vra gebed dat die Here asb my antw sal beatw. Ek voel leweloos en voel dat ek geen nut meer oor het om te lewe nie. Ek bid dat die Here my sal vashou en my sal krag gee om deur elke dag positief te gaan. Ek vra dat die Here my sal vergewe vir my denke en dade. Ek ken myself nie meer nie, en weet nie elke dag wat ek doen nie. Ek vra gebed dat die Here my gebede sal verhoor en ek vra gebed dat ek weer kan begin lewe.

  • anoniem se gebedsversoek:

    goeie middag

    ek en my x verloofde is so jaar terug uit mekaar, ek bid elke dag dat ons weer bymekaar sal kom!!ek wil dalk net vra of u dalk saam my kan bid!!ek ht hom ongelooflik baie lief!!bid dat ons weer saam sal wees..

    baie dankie

  • amanda kok se gebedsversoek:

    goeienaand
    ek wil he julle moet bid vir ons as gesin finansieel gaan dit nie goed nie.my man het skildklier probleme en is depresief.dit is ons eie skuld dat ons so in skuld gedompel is aangesien ons mos n lekker lewe gehad het nadat ons n verdere lening op ons huis gaan uitneem het. my ouers help ons regtig baie maar voordat ek my kon kry koop ek alweer op my rekenings ek voel al skuldig om my ouers altyd te vra vir hulp.my man is ook n produksie bestuurder en het soms baie stress by die werk. sy lewe het radikaal twee jaar terug verander nadat hy op die mmc by angus was en hy gaan weer hierdie jaar.bid ook vir ons kindersdat hulle nie mismoedig moet word agv ons situasie nie hulle name is simone en jeandre.my man se naam is gert.baie dankie

  • Nadi Duvenage se gebedsversoek:

    Bid asb. vir my skoonseun. Hulle is in Desember getroud en hy het sy werk in Februarie verloor a.g.v regstellende aksie. Hy het al soveel CV uitgestuur vir werk, sonder sukses. My dogter het ook net ’n tydelike pos en sy is op breekpunt. Bid asb. dat sy verder ’n pos by die skool sal kry en dat my seun ’n werk sal kry.
    Baie dankie

  • anette se gebedsversoek:

    My lewe voel so doelloos, dit voel nie meer of wek lewe nie, ek bestaan net. Ek wil eerder net na die ewige rus gaan, ek kan nie meer hierdie wêreldse bestaan verduur nie. Ek voel my lewe dien geen doel meer nie. Bid vir my dat ek weer WIL wakker word in die oggend. Ek is so alleen.
    Dankie.

  • Karin se gebedsversoek:

    Ek sal bly wees as julle vir my kan bid sodat ek weer my spontane self kan word. Die afgelop paar maande het ek baie gesukkel met ons finansies en sukkel nogsteeds en in die proses myself verloor my kinders wonder hoekom ek nie meer lag nie. Bid dat God my en my familie sal seën met Sy goedheid en liefde.

    Byvoorbaat dankie

  • maureen se gebedsversoek:

    Bid asb ek was ’n enkel ouer vir 22 jaar alles het om my dogter gedraai nou’s sy groot en verlang na ’n maat.
    Bid saam met my dat Jesus vir my dit op sy tyd sal gee.

  • Marinda se gebedsversoek:

    Hallo julle
    Ek wil net vra dat julle asb. vir my suster se skoonseun sal bid. Sy naam is Hennie en is 30 jaar oud. Hy het met gas gewerk toe die gas terugslaan in die pyp en aan die brand slaan en ontplof. Hy het vreeslik in die gesig en arms gebrand. Sy gesig en kop was pik swart van die gas en het baie erg gebrand. Gelukkig het sy gesig nie te diep gebrand nie maar sy hande en arms het baie, baie diep en erg verbrand!! Hy het baie pyn en was al twee keer in die teater om die los velle te verwyder. Hy gaan weer teater toe vir velverwydering en vel oorplanting. Bid asb. vir hom en sy vrou asook vir sy familie vir krag en lyding om deur die vreeslike tyd te kom. Dit is vreeslik om iemand in soveel pyn te sien en jy kan niks vir hom doen nie. Hy sal nog lank in die hospitaal wees weens die erns van die brandwonde.
    Baie dankie vir die geleentheid!!

  • Lorraine se gebedsversoek:

    Wil graag hê dat almal saam met my moet bid ek verlang nog ’n baba my seun is al 17jr oud ek weet die Here se genade is baie groot.

    baie dankie

    Die Here seën

  • Denise se gebedsversoek:

    Ek is al 9 jaar getroud en ons probeer al vir 7 jaar om swanger te raak. Was al vir fertiliteitsbehandelings gewees en geen sukses. Weet nie wat die Here se plan is nie, maar bid dat die Here my geduldig sal maak en dat ek net op Hom sal vertrou.

    Baie dankie.

    Blessings

  • Louise se gebedsversoek:

    Kan julle asb. bid vir my Ma Joey, my Pa is onlangs oorlede. Hulle was 53 jaar getroud, sy treur verskriklik. Sy is nuut in ons dorp en Bid dat sy asb. nuwe vriende sal maak. Bid vir vertroosting en Krag. Ek vra ook dat julle asb. vir my sal bid, sodat ek my Ma ten alle tye sal bystaan, dat God my sal toerus met die nodige krag. Bid ook vir haar finansies, aangesien sy slegs ’n klein pensioen ontvang.

    Baie Dankie

  • Mariet Prins se gebedsversoek:

    Liewe Bidders.

    Ag, bid asb. vir ons besigheid (ons het ’n houtwerkfabriek in Krugersdorp)en alle ander besigheidsmanne wat in die boubedryf spesialiseer. Daar is soveel moontlikhede, maar niks realiseer nie! Ek is self ’n gekwalifiseerde berader, maar as dit jouself en jou familie raak, raak dit moeilik. Ons dink ook aan die mense wat vir ons werk – dit raak hulle ook! Vanoggend het daar weer iemand agter in my man se werksbakkie vasgery – hy was in trane!

    Jesusgroete
    Mariet Prins

  • Anoniem se gebedsversoek:

    Goeiemore!
    Bid asb. vir my, want ek het ’n dobbelprobleem. Baie Dankie!

  • Mcgarlin se gebedsversoek:

    Bid asseblief vir ek en my 2 kinders. My salaris is onverwags gesny, ek kry maandeliks net my huurgeld uit. Het niks geld vir kos nie. Ek moet nuwe blyplek ook kry, kan die huidige nie bekostig nie. BID ASSEBLIEF

  • Gesiggie se gebedsversoek:

    Bid asseblief vir my huwelik. Weet nie meer wat aangaan nie. Eendag word ek soos ’n prinses behandel en die volgende soos wat geen mens behoort te behandel word nie. Ongelukkig is die slegte tye baie meer as die goeie. Verstaan nie hoekom nie. Bid asseblief dat my man besef dat geen persoon so behandel behoort te word nie. Dit is al wat ons huwelik nou kan red. Gebede. Baie dankie.

  • Carin se gebedsversoek:

    Bid asb vir my. Ons het ’n baie goeie huis vriend verloor aan ’n hartaanval. Ek was by en alles gesien en beleef. Dit was so te se opslag. Alles gedoen wat ons kon, maar God het besluit om hom te neem. Ek bid elke dag dat God net hierdie geweldige pyn moet verlig! My hele gesin ly daaronder want ek is nie meer spontaan nie en sien elke keer die beelde voor my. Ek het geweldige pyn in my hart. BID ASB VIR MY/ONS. Ek weet die Here verhoor gebede en HY alleen kan die pyn verlig.
    Baie dankie.

  • Joey vd Berg se gebedsversoek:

    MY KINDERS KRY FINANSIEËL BAIE SWAAR NADAT MY SKOONSEUN VAN WERK VERANDER HET. BID ASB. VIR HULLE MAAR VERAL VIR MY DOGTER WAT GLO DAT GOD NIE HAAR GEBEDE VERHOOR NIE. SY WIL OOK GRAAG GETUIG DAT DIE HERE GOED IS MAAR SIEN DIT NIE OP HIERDIE STADIUM IN HAAR LEWE NIE. SY DREIG OM HAARSELF EN DIE KINDERS OM DIE LEWE TE BRING. BID ASB. VIR HAAR BAIE ERNSTIG.

    DANKIE
    JOEY

  • Zelna Kühn se gebedsversoek:

    My pa is laasjaar Junie skielik aan ’n hartaanval oorlede en my ma hierdie jaar Februarie met dikdermkanker gediagnoseer wat al na die lewer versprei het. Die spesialis het alreeds ’n deel van haar dikderm verwyder maar kan ongelukkig niks aan haar lewer doen nie aangesien haar lewer reeds deurtrek is van die kanker. My ma kry tans chemo, vir 6 maande lank elke 2de week. Dit is vir haar baie erg, maar sy is gelukkig ’n klein maar sterk vrou. Medies gesproke is dit ’n kwessie van tyd maar vir die Here is niks onmoontlik nie. Elkeen se ekstra gebed word so waardeer.

    Baie dankie!
    Zelna

  • BEKOMMERDE STUDENT se gebedsversoek:

    Ek is ‘n huidige eerstejaar student by NMMU in PE. Ek studeer Bsc (Science) en is baie geseënd met wonderlike uitslae met die onlangse eksamen. Ek bly in Despatch, dorpie 50km buite PE, en was een van die mees opgewonde studente met die aanvang van die jaar. Beide my ouers het nie ’n vaste beroep nie en my goeie matriekpunte was ook nie genoeg om ‘n vol beurs te verseker nie, MAAR na baie gebede het God aan my ’n studentelening gegee. Ek kan egter nie volgende jaar ook van die lening gebruik maak nie, want my kurses is ongelooflik duur en ek gaan nooit na my graad alles kan terugbetaal nie. Dit is ’n groot kommer vir my. EK is die enigste een in ons familie wat die vertroue en moed gehad het om iets van my lewe te maak en genade het my dusver begelei. Ek vra u voorbidding dat ek raakgesien en in ag geneem sal word vir moontlike beurse en verblyf/vervoer finansiering. Ek is al moedeloos na al die toe deure in my gesig…

    ’n wonderlike Godsgeseënde dag verder.
    Louanne Mostert

  • Melinda se gebedsversoek:

    Middag almal,

    Ek vra asb. gebed vir my broer, André Stapelberg wat vanoggend met kolon kanker gediagnoseer is. Hy word Donderdag geopereer. Bid asb. vir genesing en innerlike vrede vir hom.

    Baie dankie

    Melinda

  • Melanie Smith se gebedsversoek:

    ’n Groot gebedsversoek vir my broer Andre Stapelberg. Hy is gediagnoseer met kolonkanker en moet Donderdag 15 Julie 2010 ’n operasie ondergaan om die gewasse te verwyder. Asb bid saam want ek glo My God is groter as enige siekte of probleem wat ons mense op aarde kan tref.

    Dankie.
    Melanie

  • Ria se gebedsversoek:

    Bid asb saam met my dat die seisoen van enkelwees op ’n einde sal kom en dat Hy my met ’n huweliksmaat sal seën. Dat Hy dit wat in die pad staan sal verwyder en sal skoonmaak.

  • Marlize se gebedsversoek:

    Ek wil graag vra dat julle die volgende mensies saam met my in julle gebede opdra:
    Madeleine se ma (Susan) & pa (Corrie) – altwee gaan vir n groot operasie 20 & 26 Julie 2010
    Trix – vir haar werksituasie
    My Pa – vir finansiele uitkoms, dit gaan baie moeilik.

    Baie dankie
    Marlize

  • Melinda se gebedsversoek:

    More,

    Ek wil net vir almal wat vir my broer, André Stapelberg, gebid het baie dankie sê. Dan wil ek ook vra dat jul steeds vir hom sal bid, hy kry vandag die uitslae van die toetse wat gedoen is, wat dan ook sy behandeling vorentoe sal bepaal. Hy sukkel ook met sy blaas op die oomblik.

    Baie dankie

    Melinda

  • Melinda se gebedsversoek:

    Goeie middag,

    Ek vra gebed vir Wilna Bogenhover, en haar familie, wat ‘n gewas op haar brein het. Ons weet nog nie of die gewas kwaadaardig is nie.

    Baie dankie vir jul gebede.

    Melinda

  • Melinda se gebedsversoek:

    Goeie more

    Bid asb. saam met my vir die familie en vriende van Wilna Bogenhover wat gister oorlede is. Ons vra dat die Here hulle sal vertroos met die skielike dood van Wilna.

    Baie dankie

    Melinda

  • Melinda se gebedsversoek:

    Goeie more,

    Bid asb. vir my broer, André Stapelberg, wat vandag met sy chemo en bestraling begin.

    Baie dankie

    Melinda Pieterse

  • Suzette se gebedsversoek:

    Goeie dag,

    Ek bid al so lank vir hierdie saak, maar kry nie deurbraak nie. Ek is al die afgelope amper 2 jaar in die proses om te skei van my man. Hy het my fisies en emosioneel mishandel. Hy het tot so ver gegaan om my tienerseun (uit ’n ander verhouding) te mollesteer en sodomiseer (wat hy natuurlik ontken). Hy hou nie op om my lewe hel te probeer maak nie – hy het my beloof aan die begin van die jaar dat hy dit sal regkry. Ons het ’n kindjie saam en my man gebruik juis my kindjie nou teen my. My man wil nie skei nie en daarom weier hy om te skik – hy wil ’n belaglike skikking hê rakendse die toegang en hy weet ek sal nie skik nie. My geld is klaar, die tyd stap aan, my tiener is stukkend en ek probeer om my ander seuntjie te spaar dat hy ook dalk ’n moontlikheid sal word. Niemand glo my nie, ek kom nêrens – my man kry absoluut alles reg, ek het sake gemaak wat natuurlik sloer. Ek is moedeloos, my man beheer absoluut my lewe. Ek leef nie die vredevolle lewe in vryheid waarvoor Jesus vir my gesterf het nie. Ek wil weer liefhê en aangaan met my lewe saam met iemand. Ek wil my kinders van hierdie man spaar. God weet wat die waarheid is, maar dis asof dit net nie uitkom nie. Ek het DRINGEND hulp nodig van God – ek het al so baie gebid, maar geen deurbraak nie. ASB. bid saam met my. ASB!!!

    Dankie.

  • Miemsie se gebedsversoek:

    Here ek bid dat ons sal onthou hoe sterk ons liefde vir mekaar was toe ons mekaar ontmoet het, en dat ons saam gewerk het om daardie liefde te laat groeie wat nie geskei kon word nie. Here ek vra vir ons al twee van ons sagte, liefdevolle harte vol vergifnis te gee en harte wat altyd gereed is om te vergewe, daar waar woorde dalk hard was of ’n gebaar van liefdeloosheid optree teen oor mekaar. Here ek plaas my en Dries se huwelik in U hande en bid dat U nou die huwelik sal tenvolle heelmaak en herstel, en ek bid dat U my en Dries saam sal versoen in liefde wat ons verstand nie sal verstaan nie. Here ek bid en vra dit alles in Jesus se naam. Amen

    Here hier bo is soveel mense met gebeds vresoeke en ek wil nou vir U vra daar waar daar siektes is maak dit gesond en daar waar huwelike versoen moet word Here versoen met nuwe liefde. Here U ken elkeen se versoek, Here gaan met elkeen van die vrouens, Here want ons staan bakhand voor U, Seblief Here ons het U so nodig. Ek bid dit in Jesus se naam Amen.

  • Louis Kemp se gebedsversoek:

    Ag Liewe Heer u sien al die bg gebedsversoeke. As mense voel ons soms so magteloos, bekommerd en alleen, maar by U vind ons altyd weer redding, uitkoms en genade. Ek wil net dankie sê Here vir alles wat U vir my gedoen het en ek bid nou dat U ook vir al hierdie mense in nood ’n spoedige antwoord sal gee. Soos Petrus kan ons net sê: Here red my! Ten spyte van omstandighede loof en prys ons U alleen ons God en Heer! Amen en Halleluja

  • Chrisna se gebedsversoek:

    Goeie dag, ek wil asb vra dat jul saam met my moet bid vir werk ek sukkel op die staduim vreeslik om werk te kry en ongelukkig is ek op die oomblik nie in ’n baie gesonde verhouding nie, ek weet die saamblyery is nie reg nie, maar op die staduim kan ek nêrens heen gaan nie ek is finansieël heeltemal van hom afhanklik, ek het besluit dat sodra ek werk kry en ek kan is ek ook weg, ek moet net iewers begin, ek het ’n vriendin en haar vriend is bereid om my te help maar natuurlik met ander planne, dus kan ek nie van een siek situasie na ’n ander een gaan nie, lesbiese verhoudings en sulke dinge is nou nie juis my idee van die Here se wil in my lewe nie, asb die situasie is besig om my te verlam van vrees, ek het al selfs selfmoord oorweeg want die Here weet wat hier aangaan en dat ek nie so kan aangaan nie, asb mense bid saam met my en vir my.
    Ek het so plus minus ’n maand terug my lewe vir die Here gegee maar ek word vreeslik deur die satan aangeval, ek het al gevas en dan los ek maar net alles weer, ak het regtig gebed en werk nodig.
    Die situasie is besig om my te vernietig.
    Ek het van die ver af Pretoria toe getrek omdat ons trouplanne gehad het en ek gedink het dis die regte ding, het nie die Here geken in my planne nie, dus sit ek hier in Pretoria met niks en niemand nie, afgesonder op ’n plot en ja dis dit. Bid groot asb vir my.

    Dankie

Deel jou gebedsversoek met ons

Jou gebedsversoek

Velde met 'n (*) gemerk is verpligtend